Só beleef sakemanne Arbeidsbediening

Arbeidsbediening bring die sagte hart en liefdevolle woorde van Jesus na die werkplek. Dit voorsien aan ‘n groot geestelike nood in die lewens van baie mense. En dit raak nie net gelowiges nie, maar sluit ook al die ander in die werksplek in.

Maar wat beteken Arbeidsbediening vir besighede? ’n Paar sakemanne en ondernemingsbestuurders in die Kaapse Metropool getuig as volg:

Sim Swart (takbestuurder) van Advance Galvanising se sê: “It is inspiring to hear the Word speaking to us every Wednesday when we start our daily work.”

Cape Timber & Moulding se Anton De Kok (eienaar) getuig: “Ek kan sien hoe die Vader deur julle werk in die lewens van ons werkers. Die groepie wat betrokke is, groei deurentyd. Ons kan selfs sien hoe van die werkers ontwikkel en groei as leiers wat opstaan, standpunt inneem vir Jesus en leiding neem. Dis ook wonderlik om te sien hoeveel respek daar vir die geestelike leiers in die werksplek is.”

Detlev Meyer (hoofuitvoerende beampte) van Reliance sê: “Klein daadjies tel… ons het ons firma oopgestel vir die bediening van Arbeidsbediening en pluk sedertdien die vrug daarvan.”

Savino Del Bene se Ron Koeleman (takbestuurder) getuig: “Ons vind dat Arbeidsbediening ’n groot aanwins vir ons personeel is omdat hulle, as gevolg hiervan, geestelik groei en dit bring hulle definitief in lyn met ons maatskappy se kernwaardes.”

 

Luister ook na wat Carin Brink, Streeksbestuurder van Arbeidsbediening in die Kaapstreek daaroor vertel by https://youtu.be/Bm7lvi-t2Kg.