Weskus-vlam, Landa Bester!

 

Landa Bester, werksaam by Arbeidsbediening in Vredenburg aan die Weskus, se ywer en entoesiasme is aansteeklik. Sy is verantwoordelik vir die geestelike versorging van werknemers by 28 besighede op die dorp, asook vir die werknemers van die verskillende afdelings by Transnet en by die Saldanha Hawe.

Sy is ook betrokke by Straatwerk se poppie projek, “Valuable for Jesus”, en het alreeds meer as 7 000 skoolkinders daarmee bereik.

Een van die ondernemings wat gereeld deur Landa besoek word, is die klerefabriek, Eldorina. Estelle Bradfield, die eienaar van die fabriek, dien ook op die Plaaslike Aksiekomitee (PAK) van Arbeidsbediening. Haar dogter, Elze, bedryf saam met haar die besigheid en hulle albei is geesdriftige ondersteuners.

Hierdie gereelde besoek van Landa is vir die werknemers van groot waarde. Myrtle Roopen getuig: “Dit gee vir my altyd krag en ek voel baie beter daarna – dit dryf my na die Here.” En Phindiswa Zanekane sê: “It teaches me a lot about the Bible; where we come from and where we are going. We must stay in God; He is our Creator and He loves us.”

Een van die ander onderneming wat Landa ook gereeld besoek, is Frarina Omheinings. En volgens van die werknemers daar beteken hierdie gereelde besoeke vir hulle ontsettend baie. Hendrik Diamonds sê: “Ek is baie beïndruk met wat sy vir ons sê en dit het my gehelp om weer kerk toe te gaan.”

Emile Maggett getuig: “Dit beteken baie vir my; ek besef dat Jesus vir my lief is en dat ek nader aan God moet leef.”

Elrico van Wyk sê: “Ek weet nou die Here is lief vir my; God is in my hart. Sy (Landa) herinner my daaraan dat God, ten spyte van my sonde, vir my baie lief is.”

Die eienaar van Frarina Omheinings, Arnaldo Anker, is baie dankbaar oor hierdie bediening in sy werksplek wat sedert Julie 2012 gereeld daar plaasvind.

Mariëtte Odendaal

 

Kontak Landa Bester by lanbester@vodamail.co.za vir meer inliging.