Arbeidsbediening in Overberg en Tuinroete

Dis altyd lekker om te hoor hoe Arbeidsbediening vir mense help sin in die lewe gee deur hulle in hul werksplekke te gaan besoek. Dis hier waar mense gereeld uit die Woord van die Here bemoedig en vir die vele uitdagings in hul lewens toegerus word.

Carin Brink, bestuurder van Arbeidsbediening Kaapstreek en Lene November, haar sekretaresse, was verlede week op besoek aan die koördineerders van Arbeidsbediening op Swellendam en Stilbaai.

Hulle was aangenaam verras om te hoor dat Swellendam se koördineerder, Blackie Swart, steeds volstoom 18 bedieningspunte met behulp van 12 vrywilligers besoek. In die proses word daar mooi verhoudinge met die werkgewers en –nemers gebou.

Op Stilbaai waar Christo Prins die koördineerder is, gaan dit ook baie goed. Daar is alreeds ’n stewige groepie vrywilligers wat kontak met verskeie organisasies het. Hulle beplan om binnekort ’n Plaaslike Aksie daar te stig wat, met die ondersteuning van verskeie denominasies, die gemeenskap in verskeie werkplekke wil bedien.

Daar is altyd ‘n groot behoefte aan vrywilligers en ons glo  dat daar binne die plaaslike gemeentes baie lidmate is wat dalk ook iewers wil betrokke raak, maar nie altyd weet waarby en hoe om betrokke te raak nie. Hier is jou kans!

 Kontak Carin Brink by cbrink@kaapkerk.co.za vir meer inligting.

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *