Arbeidsbeidiening Stilbaai

Arbeidsbediening in Stilbaai het in 1995 met die inisiatief van Danie Rabe ontstaan. Dit word tans deur Christo Prins bestuur en hulle bedien tans 18 besoekpunte en bereik tussen 90 en 100 mense.

Christo Prins vertel: “Ons ontvang baie getuienisse van werkgewers en werknemers oor wat die boodskappies vir hulle beteken. Baie voel dat aangesien daar altyd konflik in enige werkplek is, die byeenkomste juis noodsaaklik is. Daar is ook baie wat weens hulle omstandighede nie ‘n Sondag-erediens kan bywoon nie, dus heg hulle baie waarde aan hierdie boodskappies. Daar word ook baie gebedsversoeke ontvang.

Vrywilligers

Ons het altyd ’n tekort. Stilbaai is ’n snelgroeiende dorp met al hoe meer besighede wat gevestig word. Ons doelwit is om ons aantal besoekpunte in 2018 te verdubbel.

Ons het reeds begin om ook met ander kerke (bv die AGS, Baptiste, United Church, ons susterskerk, die VGK, ens.) te gesels, om saam te werk en om nog besighede te nader en te bid vir vrywilligers. Ons wil dus as gemeenskap saamwerk om Sy Woord uit te dra.

Ons beplan ook ‘n interkerklike bestuur vir Arbeidsbediening, Stilbaai.

Enigiemand kan ‘n vrywilliger wees. Ons is slegs saaiers. Die Here verskaf saad, Hy laat ontkiem, en laat ‘n oes oplewer (2 Kor 9: 10).

Versoeke

Graag wil ons die volgende versoeke rig:

–       Bid asseblief vir Arbeidsbediening, elke boodskap wat uitgaan, elke werkgewer, vrywilliger, werknemer.

–       Ons benodig nog vrywilligers om die Woord te bedien. Ons is nie alleen nie; die Here lei elkeen van ons, en Hy voorsien die Woord, ons ervaar Sy teenwoordigheid daar.

Enige werkgewer wat graag wil inskakel, kontak ons gerus.

 

Kontak

Christo Prins by christoprins208@gmail.com vir meer inligting