Welkom by die Weskus

Hiermee verwelkom ons pastoor Joseph Philander as geestelike werker van Vredenburg in die plek van Landa Bester, wat ‘n voltydse betrekking by ‘n plaaslike gemeente aanvaar het en vanaf 1 Januarie daar betrokke is.

Pastoor Philander en sy vrou, Eileen woon en werk die afgelope drie jaar in Vredenburg aan die Weskus. Hulle is die pastorale paartjie van ‘n gemeente waar albei in die bediening betrokke is. Hulle het twee kinders, ‘n seun, Chad wat ‘n chef by die Oblivion Restaurant in Claremont, Kaapstad is en ‘n dogter, Esther, wat ‘n voltydse sangeres by Soul Unit Collective is.

Pastoor Philander was in 2018 ‘n vrywilliger by IMSA (Industrial Ministry SA). Landa Bester het hom genader en gevra om te bid om die bediening voltyds te lei. Hulle is albei van die oortuiging dat dit God se tyd daarvoor was.

Pastoor Philander se werk by Arbeidsbediening behels ‘n kort toewyding / motiveringspraatjie by verskeie maatskappye in Vredenburg en omliggende gebiede op ‘n gereelde basis. Sy droom is om die liefde van God te deel, en dat persoon/e ‘n lewende verhouding met die Here sal vestig.

Wens hom gerus sterkte toe by josephphilander@yahoo.com.

Kontak Carin Brink by cbrink@kaapkerk.co.za vir meer inligting.