Op besoek aan die Suidkus

Carin Brink, bestuurder van Arbeidsbediening Kaapstreeek en haar sekretaresse, Lien November was van 18 tot 19 Maart op besoek aan Mosselbaai, George en Oudtshoorn.
 
Daar is wonderlike nuwe geakkrediteerde programme wat in George begin word, oa ‘n kursus wat sal handel oor finansiële geletterdheid, wat maar net een van die wonderlike programmme is wat hulle gaan aanbied.
 
Die ander goeie nuus is dat ds Floors Meyer wat verlede jaar afgetree het, voortaan as konsultant by Arbeidsbediening betrokke gaan bly.
 
In Mosselbaai is hulle besig met fondsinsameling en kon met hul Golfdag (wat nou al ‘n jaarlikse instelling is), ‘n stewige bedrag inbring – dankie aan almal wat deelgeneem het. Hulle het ook T-hemde en hoedjies laat maak met die Arbeidsbedieningslogo daarop gedruk en wat deel was van die fondsinsamelingspogings
 
In Oudtshoorn omarm die plaaslike gemeentes hierdie bediening en word Andre van Staden gereeld uitgenooi om by gemeentes te kom optree. Daar is ook mooi uitbreidings en ontwikkelinge, soos die pogings om die evangelie onder die Chinese te bring. Soos in baie van ons plattelandse dorpe is daar ‘n groot toename van Chinese op die dorp; dit bied aan ons almal die wonder;like geleentheid om ook hierdie te omarm en die liefde van Christus te ervaar.
 
Kontak Carin Brink by cbrink@kaapkerk.co.za vir meer inligting.