Arbeidsbediening beveel nou met nuwe ywer die baie effektiewe BrightStar-program aan, wat veral die afgelope jare met groot sukses aan VGK-katkisante, plaasarbeiders en in besighede aangebied is.
Bright Star is ‘n persoonlike- en leierskapsontwikkelingsprogram wat uit drie modules bestaan en daarop gemik is om vaardighede te ontwikkel sodat mense ‘n gebalanseerde en betekenisvolle lewe kan lei. Lees meer daarvan by http://imsacape.christians.co.za/bright-star-programme/
Ds Jannie Booysen is die BrightStar-fasiliteerder van Arbeidsbediening en bied met groot sukses die kursus aan. Kyk gerus na die video by https://www.youtube.com/watch?v=EJpJgA1h2_w
Hoe kan gemeentes aansoek doen?
Die Cape Empowerment Trust bied befondsing vir hierdie kursus aan, maar ‘n gemeenteverteenwoordiger moet eers ‘n inligtingsessie van die trust bywoon om vir befondsing te kan kwalifiseer. Kontak Leonora Loff by 074 301 7265 om die betrokke sessie in u onmiddellike omgewing by te woon.
Sodra u dit bygewoon het en u graag die BrightStar-kursus aan u gemeente-katkisante wil aanbied, is u welkom om Lien November by 021 957 7153 / impak2@kaapkerk.co.za te kontak wat ook graag sal help om die nodige aansoekvorms vir befondsing te voltooi.
Kontak
Carin Brink by cbrink@kaapkerk.co.za vir meer inligting






