Soos ons oor die jare al gelees het, is seelui en veral die gewone hande-arbeidseemanne op kommersiële skepe baie uitgelewer aan vele ontberings – hulle is gewoonlik baie ver van hul geliefdes en vir lang tye op die oop see; hulle word ook dikwels uitgebuit en vind dus baie baat by die pastorlae versorging wat BIBLIA aan hulle bied.
As gevolg van COVID-19 se grendeltyd was dit egter vir die afgelope drie maande nie vir BIBLIA moontlik om hierdie mense aan boord te besoek nie; hulle kon ook nie aan wal gaan nie.
Een van ons BIBLIA-werkers in Richardsbaai, Hannes Pretorius, laat weet so ‘n paar dae gelede:
“Die eerste skip, Mv. Rosita, kon uiteindelik na drie maande besoek word! Dit het baie tyd gevat om deur Transnet se sekuriteit te gaan en daar was ook ‘n e-pos, waarin ons versoek het om die skip te besoek, wat hulle nie ontvang het nie.
“Uiteindelik kon ons die skip besoek. Hulle was so dankbaar dat ons hulle besoek het. Ons het goeie gespekke met die bemanning en offisiere gehad. Seemanne het Skrifdele in hulle taal ontvang en ‘n Bybel.
“Voor ons afgaan, kon ons vir hulle ‘n gebed doen wat hul bemoedig het. Ons is dankbaar vir die geleentheid om hulle te kon bedien. Ons kon drie skepe besoek en hulle vier keer opvolg.”
Kontak
Rodney van Wyk
rodneyvw@netactive.co.za






