Wellington se Gebedskalender vir Mei

Matteus 6:33“Nee, beywer julle allereers virdie koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ookal hierdie dinge gee.”

Edward Pell het gesê: “Uit die oogpunt van Jesus, kandie mens nie werklik tot God bid indien sy gedagtes rondom homselfsentreer nie, hy kan alleen tot God bid indien hy eerder begaan isoor God se koninkryk en wil, as sy eie.

Gebed is in die eerste plek nie wat God vir ons gedoenhet of gaan doen nie. Ons moet God se heiligheid, syabsoluutheid, sy koningskap, sy wil, sy liefde en sy almag altydeerste en sentraal stel. Soos ons teks dit stel: “Soek allereers diekoninkryk van God.”

Soek Sygeregtigheid, regverdigheid, menswaardigheid en versoening in diewerkplek. Mag ons asburgers van Sy koningkryk die voorbeeld stel van goeiewerksverhoudinge. Magons die stem van Christus in die werkplek laathoor.

“Jou hele lewenstyl is ‘ngebed voor God, ook in die wêreld van werk.”Mag God ons in ons alledaagse lewetot stilstand bring sodat ons Hom sal soek. Jes.55:6: “Soek die Here terwylHy nog te vinde is; roep Hom aan terwyl Hy naby is.” Mag hierdie daaglikse reis vansoeke lei tot ‘n dieper ontdekking van wie God is (HIER is ‘n Maand-Gebedskalender vir die Werkplek)