Danksy mense wat omgee vir hul medemens, asook met die ondersteuning van Arbeidsbediening in George, vind lewensveranderende golwe in mense se lewens plaas en dit is besig om al wyer in die Suid-Kaap uit te kring.
Volgens George Kuyler van die plaas Platrug, word gesonde verhoudinge tussen werkgewer en werknemer drasties bevorder. Verder is daar ’n duidelike afname in alkoholmisbruik en die gepaardgaande rampspoedige gevolge.
BrightStar is onlangs as proeflopie aan die volle eerste-lyn bestuursgroep aangebied. Deur nie net die werknemer te betrek nie, maar ook haar/sy lewensmaat, vind drastiese verbeterings in gesinsverhoudinge plaas. “Die bewuswording van eie identiteit en hoe spesiaal ons elkeen werklik is, is verstommend!” getuig George.
By Anton le Roux Vervoer, het De Mist van Zijl die “Classic”-aanbieding van die BrightStar-kursus gedoen. Die reaksie en veranderinge in mense se lewens is merkwaardig! “Ek kan nou al my vinnige humeur beter beteuel,” vertel een van die kursusgangers.
“Ek kon nooit mense in die oë kyk nie, maar BrightStar het my die selfvertroue gegee om dit te kan doen!” vertel ’n ander.
BrightStar is ook suksesvol deur ds Floors Meyer by Bethesda aangebied. Die eerste groep van 12 middelvlakbestuurders by Bethesda het onlangs ook hulle sertifikate ontvang. Hier vertel van die kursusgangers wat dit vir hulle beteken het: “Dis gewoon amazing!” en “Bright Star het my lewe gered.” Nog een vertel: “Ek kon vir my ex ’n e-pos skryf waarin ek my vergifnis uitspreek – dit het my vry gemaak.”
Van die Engelssprekendes het getuig: “We not only know our colleagues better, but walk with our heads held high, proclaiming: We are God’s beloved children.” En ’n ander een sê: “Thanks for the journey of self-discovery you took us on.”
Tydens dié geleentheid was daar diep emosies toe sommige lede getuig het van die emosionele en geestelike transformasie wat hulle beleef het.
BrightStar skep ’n platform vir selfontdekking, asook die gawe om die lewe se uitdagings beter te hanteer. Alle dank aan ons Hemelse Vader!
Kontak Adrinette Muller






