BrightStar skiet ver!

Foto: VGK-katkisante van Riebeek-Kasteel wat BrightStar voltooi het

Tydends die COVID-19-grendeltyd het Arbeidsbediening die tyd gebruik om nuwe geleenthede vir die aanbieding van hul BrightStar-program te soek sodra die grendelfases ligter word.

Gedurende  die afgelope paar jaar is die program baie suksesvol as persoonlike ontwikkelingsprogram gebruik, veral vir katkisante en mense in gevangenisse.

Gedurende grendeltyd is daar met Badisa kontak gemaak en is daar ‘n groot behoefte aan die toerusting van 50 pleegkinders geïdentifiseer. Op 24 September sal 25 van Badisa Tygerberg se kinders deur ds Jannie Booysen en Lene November opgelei word. Die tweede groep sal aan die einde van Oktober die program deurloop. “Dis ‘n wonderlike geleentheid vir ons vennootskap met Badisa,” sê Carin Brink, bestuurder van Arbeidsbediening Kaapstreek.

Daar word ook later vanjaar twee opleidingsessies by die VGK Vredendal aangebied – een groep volwassenes en een groep kinders sal die program doen.

Jaco en Sandra Leeuwner wat tans in Namakwaland Arbeidsbediening doen, sal as fasiliteerders opgelei word met die doel om BrightStar verder in Namakwaland aan te bied.

“Dit maak baie deure oop en voeg waarde toe tot die sinvolheid van mense se lewens,” sê Carin.

Lees meer oor BrightStar: http://imsacape.christians.co.za/bright-star-programme/