Die rooi motortjie van Oudtshoorn

As jy weer deur Oudtshoorn se strate ry, sal jy dalk afkom op ‘n parmantige rooi motortjie met die woorde, “ARBEIDSBEDIENING, Jesus in die werksplek, Jesus in the workplace” op die deure. Dié motortjie, ‘n Nissan Sentra 1993-model, is in 2007 aan André van Staden, koördineerder van Arbeidsbediening Oudtshoorn se vele bedieningspunte, as deel van […]

Tuinroete spog nou met First Light-fasiliteerders

Gedurende Mei 2021 het twee persone van Arbeidsbediening Tuinroete, naamlik Floors Meyer en Joel Plaatjies,  gekwalifiseer as fasiliteerders van die First Light on BrightStar-program (https://www.brightstarlifestyle.co.za/first-light.html).  Die opleiding is deur Inge van der Merwe  via Zoom aangebied. Die First Light-program fokus op die ses kernfasette wat deur die opvolgprogram daarvan, die BrightStar Lifestyle-program, meer volledig gedek […]

Deel in Arbeidsbedieningsnetwerke met dié App

In 2017 het Arbeidsbediening besef dat hulle die werksplekke in die middestad van Kaapstad meer effektief moet kan bereik. Maar hoe moes hulle te werk gaan? Jaco Leeuwner, pastorale werker van Arbeidsbediening, is toe getaak om die projek wat onder die aksie, IMPAK val, te takel deur ‘n toep (app) te bou en uit te […]

Arbeidsbediening groet Jan van den Berg

Foto: Jan en Letitia van den Berg tydens 2019 se Algemene Jaarvergadering   Dit is met groot hartseer dat Arbeidsbediening na sestien jaar se getroue diens van Jan van den Berg, administratiewe beampte en pastorale werker van Arbeidsbediening in die Helderbergkom, moet afskeid neem. Jan het die werk by Gerrie Grobler oorgeneem en word opgevolg […]

Think Tank

Een van Arbeidsbediening se opwindendste hulpmiddels wat onlangs ontwikkel en alreeds met groot sukses gebruik is, is die IMSA (Industrail Ministry SA) Think Tank. Biblia Houtbaai, – Kalkbaai, – Kaapstad en – Durban, asook IMPAK Kaapse Metropool het dit al almal baie suksesvol gebruik en praat met groot lof daarvan. Arbeidsbediening in Kleinmond en Citrusdal […]

Gebedskalender vir Wellington

Statistiek SA se resultate vir die 3de kwartaal in 2020 toon die geweldige impak van die pandemie op die arbeidswêreld.  Werkloosheid het substansieel toegeneem met 2.2 miljoen (52.1%) tot 6.5 miljoen in vergelyking met kwartaal 2 van 2020 wat lei tot ‘n toename van 2.8 miljoen (15.1%) in die getal mense in die arbeidsmag.  Dit […]

Oudtshoorn skud weer vere reg

“Arbeidsbediening het ook, soos baie van die ander instansies hier, die afgelope jaar baie swaar gekry as gevolg van die COVID-19-pandemie,” vertel André van Staden, geestelike werker van Arbeidsbediening in Oudsthoorn vir die afgelope dertien jaar. Die meeste van hul geestelike werkers is ook ouer, afgetrede mense van wie drie die afgelope jaar oorlede is […]

Die Arbeidsbediening/MES-vennootskap help maak ‘n verskil daar waar jy werk

“Ons wil Collins Bomali eintlik by Arbeidsbediening steel,” vertel Ilse Maartens, bestuurder van MES (https://mes.org.za/) in Bellville, tong in die kies. Hulle slagspreuk, “Changing the heart of the city”, laat snap jou waarom hulle mense soos Collins van Arbeidsbediening nodig het. Collins wat al jarelank die Transnet-personeel in die Kaapse Metropool geestelik bedien, is ook […]

Arbeidsbediening en BADISA-Vennootskap getuig: SAAM is beter!

Carin Brink, bestuurder van Arbeidsbediening Kaapstreek en Reneé Pretorius, bestuurder van BADISA Tygerberg het sedert verlede jaar begin handevat om pleegkinders vanuit BADISA se Tygerberg-kantoor met die BrightStar-program toe te rus. (Lees meer van BrightStar by http://bit.ly/2VyItj7) Carin verduidelik: “WOORD en DAAD of DAAD en WOORD is onlosmaaklik deel van mekaar – wat eerste kom, […]

BrightStar skiet ver!

Foto: VGK-katkisante van Riebeek-Kasteel wat BrightStar voltooi het Tydends die COVID-19-grendeltyd het Arbeidsbediening die tyd gebruik om nuwe geleenthede vir die aanbieding van hul BrightStar-program te soek sodra die grendelfases ligter word. Gedurende  die afgelope paar jaar is die program baie suksesvol as persoonlike ontwikkelingsprogram gebruik, veral vir katkisante en mense in gevangenisse. Gedurende grendeltyd […]