Arbeidsbediening ‘n seën aan die Weskus

Pastoor Philander links agter by werkers van Transnet Mall.

 

As jy in die oggend by jou werk opdaag, weet jy nie wat in die lewens en harte van die mense daar om jou aangaan nie. Die meeste van ons worstel met basiese dinge soos hoe om die pot aan die kook te hou, hoe om jou verhouding met jou lewensmaat of kinders te laat werk, hoe om die nodige energie vir die dag se uitdagings te behou, en nog vele meer.

Dit is dan wanneer Arbeidsbediening se geestelike werkers met hul vertroostende woorde geestelike leiding kan help gee en vertroosting kan help bring. Arbeidsbediening in jou werksplek gee aan werknemers en -gewers die versekering dat hulle nie alleen is nie; dat hulle op ‘n gereelde basis geestelik versorg sal word; dat die kerk na hulle toe kom – dat die Here jou hoor en jou by jou naam ken.

Pastoor Joseph Philander, leraar by die Assembly of God in Vredenburg, is ook in diens as geestelike werker van Arbeidsbediening daar. Hy besoek gereeld ‘n hele paar werksplekke in Vredenburg en kry dan dikwels terugvoer van die mense wat hy bedien. Ons deel graag twee hiervan met julle.

“Hi, Pastor Joseph. Thank you for all the Biblical motivation and support you brought us throughout the year. It was very fruitful, and something I’ll always carry with me is your second last word you gave unto us.” So getuig een van die mense aan wie pastoor Joseph Philander gereeld die Woord bring by hul plek van werk.

‘n Ander getuig weer as volg: “Ek het deur iets gegaan by die werk en die vorige dag het ek heeltyd daarmee geworstel, tot selfs die oggend voor Pastoor daar aangekom het. En Pastoor het uit Exodus 14 gepraat en gesê dat ek net moet stil wees, want die Here veg vir my. En die volgende dag kry ek ‘n video wat presies dieselfde sê. En dit was net vir my ‘n bevestiging dat die Here vir my veg en ek moet stil wees. So, ek wil net vir Pastoor daarvoor baie dankie sê … Be blessed, Pastor.”

Mag hierdie onontbeerlike geestelike bediening van mense in die plekke van werk aan ons Weskus in alle opsigte geseën word.

Vir meer inligting kan Pastoor Philander gekontak word by josephphilander@yahoo.com.