Helderberg-kom bring Lig na Gevangenes

“Ons is net die saaiers; God doen die opvolgwerk.” So sê At Kampman, geestelike werker van Arbeidsbediening Helderbergkom in Somerset-Wes.

At en twee ander vrywilligers, waarvan een Frans Botma (90 jaar) is, besoek elke Woensdagoggend die selle van die gevangenis in die Strand waar verhoorafwagtende gevangenes aangehou word. Hulle doen dit al vir die afgelope tien jaar en het onlangs weer die groen lig gekry om met hierdie waardevolle bediening voort te gaan. Vir baie van die verhoorafwagtendes is dié Woensdagoggendbesoeke van Arbeidsbediening ‘n stukkie hoop en lig in hul donker situasie waar daar uitsigloosheid en min hoop op ‘n beter lewe is.

Oom Frans hou boek van elke sel wat besoek word – tot 20 gevangenes is al per dag besoek – waartydens een of twee dan soms ‘n oorgawe aan die Here maak. Danksy At en sy span se volgehoue goeie werk, het hulle die afgelope tyd drie mense na die Here gelei. Die gebed wat At dan gebruik om hulle te help om ‘n oorgawe te maak, lyk so:

 

Hulle gee ook traktaatjies uit in Afrikaans, Engels en isiXhosa. “Dit vind baie byval – ons sien die persoon dikwels nooit weer daarna nie, maar ons weet, ons is net die saaiers – die Gees van Christus sal die opvolgwerk doen en seker maak dat dit wat gesaai is tot volle ontwikkeling sal groei as dit moet.”

 

Kontak

At Kampman 
arbeid.helderberg@gmail.com