Arbeidsbediening Mosselbaai se Hartenbos Loeries CD-projek is in 2020 geloots en al die inkomste van die verkope gaan ten bate van Arbeidsbediening.
Ongelukkig kon dit weens COVID-19-protokolle nie lekker aan die gang kom nie en kon hulle eers weer in 2021 produksie onderneem.
Yolandé Kotzé (hulpwerker) vertel: “Ons kon uiteindelik in September 2021 in samewerking met LWIA-produksies van pastoor Ferdie Stols vyftig CD’s vrystel teen R100.00 per CD.
“Ons het baie goeie aftrek gekry en het hierna weer in Maart 2022 aansoek gedoen om befondsing om ‘n verdere 20 USB-geheuestokkies te produseer, maar kon ongelukkig net elf teen R150 elk laat maak, aangesien die USB-geheuestokkies op daardie stadium wêreldwyd onbekombaar was.
“Tans is daar nog net vyf van die elf USB-geheuestokkies oor wat ons nog moet verkoop. Ek is in verbinding met pastoor Ferdie Stols om die res van die USB-geheuestokkies te bestel en te laat maak. Ons beplan dus om hierdie projek teen die einde van Maart te finaliseer.
“Ons doen graag ‘n beroep op u om hierdie Arbeidsbedieningsprojek, die Hartenbos Loeries-CD’s of/USB’s wat beskikbaar is teen R150.00 elk, so ver moontlik te bemark, sodat ons die projek voor die finansiële jaar kan afsluit.”
Kontak Yolandé Kotzé by 079 957 5226 vir meer inligting.






