Op-en-wakker Arbeidsbediening in Vredenburg

Pastoor Philander (links agter) by werkers van die Tansnet Mall

 

“My name is Andreas Julie and I work at Transnet Engineering Wheel Business Saldanha, for 17 years now. So, when I started to work at this company, I was influenced by this prayer sessions every month which help me and my co-workers a lot – mentally, and spiritually. It helps us throughout our working days.”

Nog iemand anders vertel: “After we have our prayer sessions about the topics which Pastor Philander usually gave us to think about, we discuss it as a team afterwards.”

Pastoor Joseph Philander is die geestelike werker van Arbeidsbediening aan die Weskus in Vredenburg wat deur vier vrywilligers bygestaan word. Hulle is Tilana Steyn, Landa Bester, Reynier Noland en Kobus van Schalkwyk. Hierdie op-en-wakker span bedien in totaal ‘n verstommende 28 Tansnet-departemente  en 22 nywerheidsbedieningspunte een keer per maand! Daarvan word die Provinsiale Hospitaal en Polisie een keer per week besoek.

Volgens pastoor Philander het dit maar swaar gegaan met die bediening tydens die pandemie; baie mense het hul werk verloor, vele besighede het tot stilstand gekom en dit alles het ‘n groot effek op die dorp se ekonomie gehad. Intussen het besighede weer momentum begin optel en Arbeidsbediening kon ook weer op dreef kon kom met hul bediening.

“Die besoeke bestaan uit ‘n kort 10 minute Skrifbediening en bemoedigingsboodskap en geleentheid daarna vir individue wat verdere geestelike gesprekke wil voer en hulp nodig het,” vertel pastoor Philander.

Dalk wil jy as vrywilliger aansluit by hierdie kosbare bediening in jou dorp? of nog beter – dalk wil jy so iets begin? Kontak dan vir dr Eddie Orsmond by eddieo@sun.ac.za vir meer inligting.