Statistiek SA se resultate vir die 3de kwartaal in 2020 toon die geweldige impak van die pandemie op die arbeidswêreld. Werkloosheid het substansieel toegeneem met 2.2 miljoen (52.1%) tot 6.5 miljoen in vergelyking met kwartaal 2 van 2020 wat lei tot ‘n toename van 2.8 miljoen (15.1%) in die getal mense in die arbeidsmag. Dit beteken ‘n beduidende toename van 7,5 persentasie punte in die amptelike werkloosheid tempo tot 30,8%. Ons het die impak van dit eerstehands binne die plaaslike aksies gesien en beleef.
Die Onse Vader-gebed is ‘n gebed waarin ons ons totale afhanklikheid van God afbid en die Vader ontmoet ons daarin:
Hemel Vader, ek kom na u in diepe afhanklikheid in gebed wat kragtig is, om in intieme gesprek met U te verkeer en neerbuig tot U waar ek my hart kan uitstort voor U, waar ek een kan raak met U, dis daar waar ek my innerlike krag vind en vernuwe word in my gemoed, want U Here, luister na my en raak my aan, ek loof en eer U daarvoor.
Geseënd is hulle wat weet hoe afhanklik hulle van God is . . . want aan hulle behoort die Koninkryk van die Here
Dit is Ons Vader wat ons elke dag by die hand vat en met ons op ‘n hoë piek gaan staan. En daar wys die Vader vir ons sy koninkryk. Welkom in My wêreld. Dit alles behoort aan My! God stuur ons elke dag in Sy koningkryk in, in diepe afhanklikheid van Hom.
Mag jy ook persoonlik beleef hoe God jou deur hierdie Gebedskalender by die hand vat en intieme ontmoetings met jou het. Mag jy dit ook beleef soos God jou elke dag in Sy koningkryk, in die besighede, in stuur.
ARBEIDSBEDIENING WELLINGTON GEBEDSKALENDER 2021
Johan Crous
Tel: 021-8737024
Cell: 0722890842