Arbeidsbediening groet Jan van den Berg

Foto: Jan en Letitia van den Berg tydens 2019 se Algemene Jaarvergadering

 

Dit is met groot hartseer dat Arbeidsbediening na sestien jaar se getroue diens van Jan van den Berg, administratiewe beampte en pastorale werker van Arbeidsbediening in die Helderbergkom, moet afskeid neem.

Jan het die werk by Gerrie Grobler oorgeneem en word opgevolg deur At Kampman.

In opdrag van ‘n  inisiatief wat deur die NG Kerk Sinode Wes-Kaapland gedurende 2001 geneem is, naamlik om meer punte en hulpwerkers vir Arbeidsbediening te werf, het Jan dadelik skouer aan die wiel gesit en dit begin implementeer. Vir hom het dit ook beteken om Jesus se reddende genade by die werkplek te verkondig.

Die industriële area tussen Somerset-Wes en Die Strand het toe uit ongeveer 400 besighede bestaan met ongeveer 4,450 mense in diens waarvan die meeste Xhosasprekend was. Omdat die meeste van hulle nie Engels of Afrikaans magtig was nie, moes hulle geestelik bedien word in Xhosa.  Gelukkig was daar ‘n hulpwerker of twee wat Xhosa magtig was en dikwels was daar mense by die besighede wat ook as tolke kon optree.

Jan vertel: “Die afgelope 16 jaar het ek wonderlike ondersteuning en samewerking van al die hulpwerkers ontvang en heelwat van hulle het my in die kantoor kom bemoedig met gesprekke, vertellings en gebede. Ek het ook van Carin Brink, bestuurder van Arbeidsbediening Kaapstreek, net goeie, mooi en leersame advies gekry, wat getuig van ‘n wêreldse ervaring, wysheid en insig. Baie dankie daarvoor.

“Die boompie van Arbeidsbediening in die Helderbergkom is geplant. Dit het mooi gegroei en is alreeds besig om vrugte te dra. My wense is dat Arbeidsbediening steeds van krag tot krag sal gaan en nog baie meer lewens ten goede sal beïnvloed.”

Ons gaan jou ywer en entoesiasme vir Arbeidsbediening baie mis, Jan, maar weet dat jy vir ons werk sal bly bid. Geniet die welverdiende rus saam met Letitia.

Kontak Jan by strandclan@telkomsa.net