Deel in Arbeidsbedieningsnetwerke met dié App

In 2017 het Arbeidsbediening besef dat hulle die werksplekke in die middestad van Kaapstad meer effektief moet kan bereik. Maar hoe moes hulle te werk gaan?

Jaco Leeuwner, pastorale werker van Arbeidsbediening, is toe getaak om die projek wat onder die aksie, IMPAK val, te takel deur ‘n toep (app) te bou en uit te brei tot waar dit vandag is.

Jaco verduidelik hoe dit werk: “Dit deel die volgende in Afrikaans en Engels binne ‘n selfoon, tablet en rekenaarvriendelike omgewing: ‘n twee-weeklikse kort vyf tot tien minuut boodskap of gesprek oor ‘n interessante onderwerp wat 24 uur per dag beskikbaar is om na te luister of na te kyk. Dit sluit ‘n lekker klankbaan of videogreep in. Tweedens lys dit ook die kontakbesonderhede van ander aksies onder Arbeidsbediening Kaapstreek wat by die app geregistreer is en waarmee mense kan kontak maak vir hulp. Op hierdie manier kan hulle as vrywilligers saamwerk of ondersteuning bied met bertekking tot hulpbronne wat benodig word.

Hierdie app is beskikbaar vir enige persoon wat ‘n behoefte hiervoor het en kan die volgende skakel direk op hul selfoon, tablet of rekenaar gebruik: www.imsa.partners

Daar word ook twee-weekliks ‘n WhatsApp-kennisgewing gestuur as iets nuuts op die app gelaai word. Indien jy belangstel om dit te ontvang, kan jy net ‘n WhatApp na die volgende nommer stuur: 082 047 7487

Wil jy graag deel in die voordele van hierdie app? Kontak:

  • Enige van die aksies en persone wat tans op die app gelys is.
  • Carin Brink by epos [email protected] en WhatsApp 083 651 9515.
  • Enige instansies of individu met ‘n eie unieke behoefte aan ‘n app, kan vir Jaco Leeuwner by [email protected] kontak of  by 082 047 7487 WhatsApp vir ‘n kwotasie; dit sluit die onwikkeling, domain-registrasie en ondersteuning in.