Mosselbaai se Vriende van Arbeidsbediening

Op Donderdag 10 Februarie was Hartenbos Robalklub, soos altyd, weer die gasheer van Arbeidsbediening se gewilde jaarlikse geleentheid waartydens hulle gewoonlik aan die Vriende van Arbeidsbediening terugvoer gee oor hul evangelisasiebediening in Mosselbaai en omgewing.

Dit is bygewoon deur 88 mense wat bestaan het uit predikante, pastore, sakemanne en die Vriende van Arbeidsbediening. Die program is aangebied deur Blackie Swart, voorsitter van Arbeidsbediening, en die hoofspreker was die bekende gospelsanger, Jan de Wet. Verskeie mense het ook tydens hierdie geleentheid getuienisse gelewer oor wat Arbeidsbediening vir hulle in hul verkeie plekke van werk beteken.

Tydens die geleentheid is daar ook ‘n blyk van waardering aan Chris Smit, wat al dertig jaar lank deel van Arbeidsbediening is, gegee. Hy en sy vrou, Trudie, is albei pastore by die Wilderness Christian Fellowship-gemeente. Chris sal gelukkig steeds voortgaan met sy diens aan Arbeidsbediening; iets waaroor almal baie dankbaar is.

Een van Arbeidsbediening se opwindendste insamelingsprojekte, is tans die verkoop van CD’s met lof- en aanbiddingsliedere. Annette Strydom en Yolande Kotze is by Arbeidsbediening se musiekbediening betrokke en bedien mense met die Woord in hul plekke van werk deur middel van hierdie musiek. Die CD’s is by Annette beskikbaar en sy kan gekontak word by annettemusiclover@gmail.com.

Mosselbaai se plaas- en gevangenisbediening word al jarelank deur Johan Boshoff behartig; iets wat vir ons plaasarbeiders van groot geestelike waarde is en waarvoor daar baie waardering is.

Pierre Lamprecht, Arbeidsbediening Mosselbaai se voltydse geestelike werker, het tydens hierdie besondere geleentheid  hul Vriende van Arbeidsbediening aangemoedig om te bly volhard in hul onontbeerlike ondersteuning en hulle hartlik daarvoor bedank. Dit was ook ‘n riem onder die hart om soveel van hulle by die glansgeleenteheid teenwoordig te hĂȘ.