Oom Chum se liefdevolle bediening aan haweloses in Mosselbaai

Tydens ‘n mens se bediening kom jy soms op ‘n baie merkwaardige persoon af – iemand wat, al is hy of sy al hoe lank nie meer daar nie – altyd onthou sal word.

So is dit ook met Arbeidsbediening op Mosselbaai wat steeds treur oor die heengaan van oom Chum Botha, een van hul hulpwerkers wat verlede jaar aan Covid oorlede is.

Oom Chum, soos almal hierdie geliefde man genoem het, het weekliks die tussen dertig en veertig haweloses van The Haven Night Shelter gaan bedien. Hy het dit gewoonlik tydens hul aandete saans om sesuur gedoen en enkele kere was Pierrie Lambrechts en Annette Strydom met haar sangbediening ook teenwoordig. En elke keer het dit hulle diep geraak.

Oom Chum het nie net pligsgetrou die Blye Boodskap aan hierdie mense in nood gaan bring nie, maar hulle ook beter leer ken en soms ook ‘n pad met sommige van hulle gestap as dit nodig was.

Die Haven Night Shelter se Chum Botha Projek is op ‘n stadium met R14,000 per maand deur ‘n groep sakemanne ondersteun, waarvan oom Chum se seun die inisieerder was. Ongelukkig het die ekonomie baie van hulle die afgelope tyd swaar getref, maar dit bly vir ons almal ‘n voorbeeld van hoe ons wat die vermoĆ« het, ondersteuning kan help gee waar ons kan.

Kontak Blackie Swart by 074 117 6056 vir meer inligting.