Arbeidsbediening Helderbergkom help verander lewens

Die geestelike werk van Arbeidsbediening in die plekke van werk raak mense se harte diep aan en veroorsaak dikwels dat hulle dan besluit om die Here aan te neem. As hulle dan hul lewe aan die Here begin wy, gee dit aan hul hele lewe nuwe betekenis. Ons deel graag so ‘n getuienisstorie met julle.
 
At Kampman, geestelike werker van Helderberg, vertel: “Marianne bedien al jarelank Leon’s Paneelkloppers hier ter plaatse. Sy getuig dat na heelwat maande se bediening een van die werkers met die naam van Lesley na haar toe gekom en vir haar gesê het dat hy ‘n behoefte daaraan het om hom te laat doop.
 
“Nadat sy met behulp van haar pastoor hom daarop voorberei het, is hy toe groot gedoop deur onderdompeling.
 
“Sedertdien het Lesly se werksetiek en onderlinge verhoudings radikaal begin verander van hoe hy voorheen was. Hy werk nog steeds daar en maak ‘n groot verskil.”
 
Ons dank die Here vir hierdie kosbare werk wat deur Arbeidsbediening in Helderbergkom gedoen word.
Kontak Carin Brink by cbrink@kaapkerk.co.za vir meer inligting.

Leave a Reply

Your email address will not be published.