BIBLIA Houtbaai

Dankbare mense ontvang serpe en musse van ‘n aftree-oord

 

As gevolg van die afname in die visbedryf en sekuriteitsrisiko’s op Houtbaai is die Biblia-bediening daar teruggesnoei tot basies net gebed as vertrekpunt en om te luister.

Die vorige PWO (Port Welfare Officer), Sandra Leeuwner het intussen plekke geruil met Collins Bomali van IMPAK sodat Biblia hom as PWO op Kaapstad Hawe kon aanstel en sy kon aangaan met IMPAK. Op hierdie manier het Arbeidsbediening niemand verloor nie en kon Biblia die kundigheid van hierdie werkers behou tot voordeel van hulself en die organisasie.

Ons is baie dankbaar dat die weeklikse biduur by Houtbaai kan voortgaan. Dit word bygewoon deur lidmate van die ankerkerk (Houtbaaigemeente), ds Hendrik Saayman en ‘n Bybelstudiegroep van die gemeente tydens hul eie Bybelstudie. Die vorige PWO (kapelaan), Sandra Leeuwner, en die hawemeester met een van haar werknemers, woon dit ook by. Bid asseblief dat hierdie belangrike gebedsinisiatief sal voortgaan.

Ons is ook baie dankbaar oor ons Mercy Ministry-projek wat twee dagsorgsentrums in Hangberg van broodnodige serpe en musse kon voorsien wat vroeër vanjaar deur ‘n aftree-oord aan Biblia Houtbaai geskenk is. Die een sentrum versorg mense met fisiese beperkinge en die ander is ‘n vroeëkind-ontwikkelingsentrum.

Die projek sal voortgaan soos ons donasies kry om binne die network daar te versprei.

 

KONTAK
Jaco Leeuwner (Biblia-koördineerder)
sms/whatsapp 071 255 8977