Om die Here tot die einde toe te dien

Psalm 119:105-112, na aanleiding van die Psalmlesing vir die sewende week van die Koninkrykstyd in die Revised Common Lectionary (RCL).

 

Here, die lewe is uitdagend!

Dit stel aan my en my mense eise,

wat groter is as die krag in onsself.

 

Dikwels oorval teneergedruktheid my/ons.

Daar is goddelose mense wat die lewe moeilik maak.

Daar is situasies wat lewensbelangrike besluite vra.

Ek/ons is nie daarvoor opgewasse nie.

 

In die harwar van elke dag,

met versoekings om die menslike natuur te dien,

herinner u woord my/ons aan u regverdige beslissings,

aan u bepalings wat ek/ons as blywende erfporsie ontvang het.

 

Dan gaan die lig van u woord vir my/ons aan,

word die pad vir my/ons voet weer sigbaar,

en begeer my/ons hart om u voorskrifte uit te voer,

sodat ek/ons nie afwyk van u wet nie.

 

Dankie Here, vir die lamp wat U gee.

vir u regverdige beslissings.

vir die lewe na die belofte van u woord.

Ja, dat ek/ons as u kind(ers), in lig kan wandel.

 

Sterk my/ons in die voorneme om U getrou te dien.

Ontvang die offers van my/ons mond(e),

sien in my/ons hart(e) dat dit nie van u wet afwyk nie,

dat u bepalings my/ons vreugde is.

 

Here, ek/ons wil U dien tot die einde toe.

 

Amen