Liewe Vader in die hemel, gee ons
ons daaglikse brood dat ons nie verhonger nie.
U het self gesê ons moet bid.
Gee ons brood. Gee ons vrede.
Gee brood en vrede aan alle mense.
Ook die woord is brood.
Liewe Vader in die hemel, maak ons vindingryk
dat ons aan ’n woord kan dink, want dit is brood vir ander.
Gee ons ’n woord
waar daar twis, vrees en agterdog is.
Maak ons tot daaglikse brood vir die mense
wat sonder ons woord nie kan lewe nie.
Gee daaglikse brood deur ons mond.
Vader in die hemel,
ons geloof bestaan nie sonder u woord nie.
Dit leef deur u woord soos deur brood.
Ons is so sterk soos ons geloof,
so standvastig soos ons geloof,
so lewenskragtig soos ons geloof.
Ons lewe van u woord.
As U sê: “Jy is my geliefde kind
in wie Ek ’n welbehae het” – dan lewe ons.
As U sê: “Ontvang die Heilige Gees”,
dan het ons lewe krag en sin.
Vader in die hemel, gee ons vandag dié daaglikse goeie woord.
Al die jare dat ons vrede geniet,
gee U ons almal brood en u woord.
Maak ons nou brood vir die hongeriges op aarde:
vir dié daar ver wat honger na brood,
vir dié hier naby wat honger na ons woord.
Vader in die hemel, gee ons almal ons dag se brood
deur ons almal se hande
en deur ons almal se woord.