Russiese gebed vir die saaityd (In Jörg Zink, Pad na die gebed)

 

Here, gee gestalte, vermeerder, laat gedy

dat daar genoeg is vir elkeen:

vir die hongerige en die wees,

vir wie begeer en vir wie vra,

vir die een wat dit sommer vat,

vir die een wat God prys,

ook vir die een wat ondankbaar wegstap.