Pad na die Gebed

In Jörg Zink

 

Die Here,

die Magtige,

Oorsprong en Voleinder

van alle dinge,

seën jou,

gee jou groeikrag en ryping,

welslae en hoop,

vrug op jou moeite,

en behoed jou

van alle kwaad,

en beskerm jou in gevaar

en wees vir jou ’n toevlug in

benoudheid.

 

Die Here laat sy aangesig oor jou skyn,

soos die son oor die aarde

warmte gee aan die verstarde

en vreugde aan die lewendes,

en wees jou genadig

as die skuld jou omring;

Hy verlos jou van die Bose

en maak jou vry.

 

Die Here verhef sy aangesig oor jou,

Hy sien jou swaarkry

en hoor jou stem,

Hy maak jou gesond en vertroos jou,

en gee aan jou vrede,

welsyn na die liggaam

en welsyn na die siel,

liefde en geluk.

 

Amen.

So wil die Here dit

wat van ewigheid tot ewigheid is.

So staan dit in sy wil vas

vir jou.