Arbeidsbediening Worcester hou Sake-ontbyt

How beautiful on the mountains are the feet of those who bring good news, who proclaim peace, who bring good tidings, who proclaim salvation, who say to Zion, “Your God reigns!”

Isaiah 52

 

Op Vrydag 8 September het Arbeidsbediening op Worcester ‘n sake-ontbyt in hul dorp se Wimpy Mall aangebied waarheen talle verteenwoordigers van besighede en instansies, asook Christen-gemeenteleiers en hul Arbeidsbedieningswerkers genooi is.

Kobus van den Berg, geestelike werker van Arbeidsbediening op Worcester, vertel: “Ons doel was om mekaar beter te leer ken, inligting, verslag en aksies oor ons bediening te deel. Ons wou ook meer weet van ons munisipaliteit en oor ontwikkelinge in ons omgewing. Hierdie geleentheid het die ideale geleentheid daarvoor gebied.”

Die voorsitter, Natale Roelofse, het kortliks die volgende sake oor WAB meegedeel: “Ek het verduidelik hoe Arbeidsbediening God se Koninkryk in die werksplek help vestig en ondersteun. Ons fokus is om die evangelie van Jesus Christus aan mense in hulle werksplekke te bring, hulle te bemagtig, te bedien, te bemoedig, te evangeliseer en vir hulle te bid.”

Dit was ook interessant om na die afgelope jaar se statistiek te kon kyk. Natale vertel: “Daar is tans 55 besighede en ondernemings wat tans deur Arbeidsbediening bedien word. Ons het gemiddels 100 besoekpunte per maand wat deur 28 bedienaars as vrywilligers bedien word. Sover het ons vanjaar 870 besoekpunte besoek en 14 000 mense met ons boodskappe bereik – iets waarvoor ons die Here loof!

“Ons het ook die belangrike rol wat Christen-sakemense en gemeenteleiers as beskermhere van Arbeidsbediening speel, beklemtoon. Ons het hulle almal se hulp en ondersteuning nodig.”

Daarna het ‘n raadslid van ons munisipaliteit, Julian Kritzinger, inligting gegee oor ontwikkelinge in Worcester en Rawsonville. Hy het onder andere daarop gewys dat Worcester nie ‘n dorp is wat vinnig op een slag uitbrei nie, maar wat konstant uitbrei. Hy het ook  verwys na ons dorp se industriële ontwikkeling, Millhouse, wat nuwe besighede soos Avianpark en nog meer insluit.

 

Ondersteuning

Indien persone Arbeidsbediening Worcester wil ondersteun, kan hulle hier ‘n bydrae maak:

Bankbesonderhede: 
Naam: Handel en Nywerheid
Bank: Absa
Tak: Worcester
Tipe rekening: Spaar
Rek. no.: 38069630313

 

Kontak

Kobus van den Bergh by 0824596316 of arbeid8@gmail.com vir enige navrae.