GEBED VIR DIE WEEK – MAANDAG 11 SEPTEMBER 2023
RCL JAAR A – VYFTIENDE WEEK VAN KONINKRYKSTYD
’n Gebed wat God loof vir sy goedheid
(Gebed na aanleiding van Psalm 149, saam met Eksodus 12:1-14)
Lofprysende vreugde oor God wat sy volk goedgesind is!
Daartoe, Here, roep die psalmis ons op;
u getroue volgelinge vir wie U aansien.
U aanbiddingsboek vir die kinders van Sion –
beskryf die gepaste instelling in u teenwoordigheid,
met halleluja, lof en vreugde-taal,
wanneer ons U saam in aanbidding dien.
U goedgesindheid, Here –
skep ’n nuwe lied in u volk se binneste,
vir wie U vereer met oorwinning,
oor nasies en konings wat hulle verdruk.
Here, Skepper, Koning –
die nuwe lied wat ons tot u eer sing,
omsluit tallose uitdrukkingsvorme:
koordanse wat die liggaam meesleur,
musiekinstrumente wat die klank van ons stem versterk,
jubeling wat U dwarsdeur die nag verheerlik …
Ons hoor in ons verbeelding hoe u verbondsvolk, Israel –
’n nuwe lied sing toe Moses en Aāron volgens Eksodus 12,
op u bevel die eerste maand van die jaar daar in Egipte aankondig,
en die Pasga instel as herinnering.
Hierdie dag moet vir julle dien as herinneringsdag;
julle moet dit as ’n fees ter ere van die Here vier.
Ja, as ’n voorskrif wat altyd vir julle nageslagte geld.
En nou kan ons ook ’n nuwe lied sing, Here –
want U het nie onttrek na Moses se geslag nie.
U het voortgegaan met goedgesindheid jeens u volk;
vir u getroue volgelinge, vir ons,
het U ook nuwe dae aangekondig.
Nou onthou ons saam met die Egiptiese generasie –
God het die vonnis oor konings voltrek,
en ons getuig dit is waar:
God is goed!
Ons loof u Naam, Here –
met koordans, tamboeryn en lied.
Amen