IMSA Kaapstreek se eerste AJV in-persoon na COVID

Ons voorsitter, dr Eddie Orsmond tydens die AJV.

 

Op Saterdag 4 November het IMSA (Industrial Ministry in SA) – en Biblia Kaapstreek se algemene jaarvergadering vir die eerste keer na 2019 weer in-persoon plaasgevind – ‘n besondere gebeurtenis vir almal teenwoordig.

“Daar was goeie verteenwoordiging uit die 14 Wes- en Suid-Kaapstreke met goeie gesprekke oor die veranderende wêreld van werk binne die konteks van Suid Afrika,” vertel Jaco Leeuwner, netwerk- en verhoudingsbestuurder van IMSA (Industrial Ministry in SA), Kaapstreek.

“Sake vir bespreking op die agenda was om gedeelde bedieningsfokusse te identifiseer, om bedieningsgroepe met verskillende fokusse te identifiseer, hoe om statistiek te meet, en bedieningsoriëtasie van huidige en nuwe werkers met die klem op interne IMSA-oriëntasie en die Think Tank. Daar is ook gekyk na die kommunikasie; wat beskikbaar is en wat die behoefte in die toekoms sal wees.

“Dissipelskap, die generasie wat moet begin oorneem, groter deelname en diversiteit binne bedieningstrukture en die uitbou van ons netwerke met gefokusde verhoudinge was ook regdeur deel van die kerngesprekke tydens tafelgesprekke, terugvoersessies asook tydens teetyd.”

“Ons voorsitter, dr Eddie Orsmond, het ook ‘n baie sinvolle sessie oor dissipelskap gelei.”

Goeie gesprekke is tydens die vergadering gevoer.
Arbeidsbediening en Biblia word deur 250 vrywilligers en amptenare in die streek verteenwoordig wat saam uitreik na 1,100 werksplekbedieningspunte aan 13, 000 mense.

“Baie dankie aan almal wat ver gereis het om ons algemene jaarvergadering by te woon,” sê Jaco. “Ook ‘n groot dankie aan elkeen wat betrokke is by ‘n beweging wat werklik ‘n verskil maak op grondvlak.”

Chantel en haar span.

“Dankie ook aan Chantel en haar span vir ‘n heerlike Kaapse lamskerrie, warm nagereg en rooms. Ons betuig ook ons dank aan Bellville Presbyterian Church vir die gebruik van hulle fasiliteite.

“Baie dankie ook aan ons gebedsondersteuners asook almal wat ons van hulpbronne soos finansies voorsien om ‘n gesamentlike verskil in die markplein te maak.”

 

Lees die voorsittersverslag HIER.

Die groep wat Saterdag byeen was vir die AJV.