Lees gerus hierdie inspirerende nuusbrief van Arbeidsbediening Worcester waarin vertel word van wat by sommige werksplekke in Worcester en Rawsonville gedoen word.
Daar is groot waardering vir alle betrokkenes se samewerking en welwillendheid om in God se Koninkryk te kan werk. Kobus van den Bergh vertel: ” Ons bediening groei soos die versoeke inkom. Tans word 55 besighede en ondernemings deur 28 bedienaars bedien. Hulle verteenwoordig 10 verskillende Christen-denominasies wat maandeliks gemiddeld 100 punte besoek en met hul boodskappe 1 300 mense bereik.”
Lees in hul nuusbrief oor enkleke van die punte wat hulle besoek het, hulle aktiwiteite, soos hul bediening aan die Dowes, hul Bybelprojek en hul Een uur-wedloop. Lees gerus die volledige nuusbrief HIER.