Arbeidsbediening Worcester nooi julle vriendelik uit na hul EEN UUR UITDAGING!
Hiermee wil ons Arbeidsbediening aan die groter publiek bekendstel deur ‘n genotvolle uur saam te deel en fondse te in vir die werk van Arbeidsbediening Worcester. Dit vind plaas op Donderdag 30 November om 18:00 tot 19:30 by die NID/De la Bat Skool Rugbyveld.
Spanne van vyf lede elk stap of draf of drafstap vir een uur om ‘n 1km-baan en elke span skat hoe ver hulle in een uur sal vorder. Die span wat die naaste aan korrek is, is die wenspan!
Ons het ons bedieningsplekke en ander vriende se hulp nodig met die volgende:
- Skryf ‘n span of spanne in en nooi/daag ander uit om ook deel te neem.
- Help om ons uitgawes soos die nommers, medaljes, toerusting, ens. te borg.
Klik op INLIGTING en INSKRYWINGSVORM om dit af te laai.
Sluitingsdatum: Maandag 27 November
Navrae: WhatsApp Natale by 082 77 11543 of Kobus by 082 459 6316 of kontak hulle by arbeid8@gmail.com.