(Verwerking van ’n gebed deur ’n onbekende skrywer oorspronklik vir Lydenstyd)
Dalk kan dit jou help om as dissipel van Jesus bewus te wees van hoe jy leef.
O help ons Here in Koninkrykstyd –
Om te groei in lofsegging en om ’n kritiese gees te weerstaan.
Om te groei in vergifnis en om bitterheid af te lê.
Om te groei in swye en om kwaadwillige praatjies te onderdruk.
Om te groei in hoop en om wanhoop te oorkom.
Om te groei in waardering en om ’n klaende houding te oorwin.
Om te groei in diensbaarheid en om selfsug te weerstaan.
Om te groei in geduld en om woede te beheer.
Om te groei in deernis en om selfbejammering te kontroleer.
Om te groei in dankbaarheid en om ’n onvergenoegdheid te weerstaan.
Om te groei in geloof en om vrees aan God oor te gee.