Akkreditasie van Dienswerkers in George

“Insiggewend, verrykend, opbouend en vriendskapsvormend!” So getuig Jeandré van Staden, een van Arbeidsbediening se dienswerkers wat die eerste akkreditasiewerkswinkel ooit, onlangs by George bygewoon het.

Na aanleiding van IMSA (Industrial Ministry South Africa) Kaapstreek se resolusie dat PAK’s (plaaslike aksie komitees) erns moet maak met die behoorlike akkreditasie van hulle dienswerkers, het ds Floors Meyer as fasiliteerder, die afgelope Saterdag die eerste formele werkswinkel van die Suid-Kaap te George aangebied.  Tien dienswerkers van George en Oudtshoorn het die werkswinkel bygewoon.

Die Akkreditasie Program bestaan uit vier fasette:

  • ‘n Induksie-module wat die geskiedenis, struktuur en organisasie, teologie, filosofie en bedieningspraktyk van Arbeidsbediening toelig;
  • Die bestudering van die Riglyne vir Geestelike Werkers en ondertekening daarvan as ‘n commitment aan die brand (handelsmerk);
  • Die aanbieding van die L10T-program as ‘n praktiese werkbare model vir evangelisasie in die markplek;
  • Die oorhandiging van ‘n Sertifikaat van Bywoning en ‘n ID-plaatjie wat hul geestelike werkers behoorlik identifiseer.

Hulle het die werkswinkel met sop, broodjies, konfyt en koffie afgesluit. Die terugvoer daaroor is baie positief.

Kontak
Ds Floors Meyer
floors@mweb.co.za