Arbeidsbediening gee hoop aan gevangenes met BrightStar

FOTO: Ds Jannie Booysen, BrightStar-fasiliteerder van Arbeidsbediening, saam met die hoof van die gevangenis, mnr Bredenkamp, tydens die oorhandiging van die sertifikate.

 

“Ek het nie geweet van verhoudings nie, ook geensins van leierskap nie. Vandag ken ek myself.”

“Dit was vir my ‘n inspirasie; ek wil graag ‘n baie lang pad met hulle stap.”

“Die drie modules het ‘n verskil gemaak aan my uitkyk op my toekoms, en my manier van dink …”

“Ek het dit baie nodig gehad. Ek is baie trots op myself; dat ek nie moed opgegee het nie.”

“They inspired and motivated me to become a better person … Why should I fit in when I was born to stand out positively?”

 

So getuig van die 27 bywoners van ‘n suksesvolle BrightStar-aanbieding deur Arbeidsbediening by die Malmesbury Medium B Gevangenis verlede week.

Die Arbeidsbediening Opleidingspan het net weer eens besef hoe groot die behoefte aan opleiding oor gesonde lewenskeuses en ‘n positiewe selfbeeld is; dat mense moet besef hoe kosbaar hulle in die oë van God is en dat hulle die mag het om deur hul lewenskeuses ‘n nuwe lewe kan begin.

Lees meer oor BrightStar by http://imsacape.christians.co.za/bright-star-programme/. Onthou ook dat VGK-gemeentes aansoek kan doen by die Cape Empowerment Trust vir fondse om hierdie kosbare program in hul gemeentes te laat aanbied. Kontak mev Leonora Loff by ceptrust1@vgksa.org.za vir meer inligting

FOTO: Ds Jannie Booysen, BrightStar-fassiliteerder van Arbeidsbediening, saam met die hoof van die gevangenis, mnr Bredenkamp, tydens die oorhandiging van die sertifikate.

Kontak Carin Brink by cbrink@kaapkerk.co.za vir meer inligting.