Middelvlakplaasbestuurders kry BrightStar-opleiding in George

Arbeidsbediening Tuinroete het pas ‘n BrightStar Lewensvaardighede Ontwikkelingsprogram vir middelvak-plaasbestuurders uit hul omgewing in George suksesvol aangebied.
 
Agt persone van drie verskillende eenhede uit die Landbousektor het aan die werkswinkel, wat oor vyftien weke gestrek het, deelgeneem. Ds Floors Meyer was die fasiliteerder van die werkswinkel.
 
Een van die kursusgangers, Gerald vertel: “Ek het elke week na afloop van elke sessie die vaardigheid wat ons geleer het met my vriendin gedeel – dit maak ‘n groot verskil aan ons verhouding.”
 
‘n Ander kursusganger, Venessa, getuig: “BrightStar het my ‘sense of belonging’ weer vir my teruggegee.”
 
“Ons is opreg dankbaar vir die werkgewers wat vir hulle middelvlakbestuurders in werkstyd die geleentheid gebied het om die werkwinkel by te woon,” sê Floors Meyer.
 
Kontak gerus vir Carin Brink, Arbeidsbediening se streeksbestuurder, as julle ook so ‘n kursus in jul gemeenskap wil aanbied: cbrink@kaapkerk.co.za.