“Om as dienswerker erkenning te kry, laat voel mens waardig en waardevol; jy is bemagtig.” So sĂȘ Floors Meyer van George wat op 16 November ‘n tweede akkreditasiewerkswinkel vir Arbeidsbediening se dienswerkers aangebied het. Hierdie keer was dit op Oudtshoorn en kan hierdie mooi Karoo-dorp nou met 14 geakkrediteerde Arbeidsbedienaars spog!
Die werkwinkel bestaan uit vier bene:
- Tydens die metanarratief-gedeelte word daar na Arbeidsbediening in die Kaapstreek se historiese ontwikkeling gekyk, asook na al die skuiwe wat in die loop van die geskiedenis plaasgevind het.
- Daar word ook gekyk na die Reglement van die Plaaslike Aksies en toegesien dat al die dienswerkers op hoogte is van hoe Arbeidsbediening op plaaslike vlak inmekaarsteek en funksioneer.
- Die Riglyne vir Geestelike Werkers-dokument word bestudeer en nadat dit deurgewerk is deur elke dienswerker onderteken; een van die vereistes om te kwalifiseer vir ‘n akkreditasiesertifikaat.
- Laastens is daar ‘n goeie gesprek oor die Lukas 10 Transformasie-kursus gevoer oor hoe die fasette in die besondere kursus in die markplek/plekke van werk toegepas kan word en deure vir Arbeidsbediening kan oopmaak.
Kontak Floors Meyer by floors@mweb.co.za vir meer inligting.






