Vriende is daardie mense wat jou wa deur die drif help trek in moeilike tye, of wat jou aanmoedig langs die kantlyn as jy met ‘n marathon besig is en jou kragte maar min is. Hulle is ook die mense wat saam met jou bly is oor jou oorwinnings en suksesverhale. Arbeidsbediening Mosselbaai is een […]
NG Kerk Hartenbos bied erediensgeleenthede aan Arbeidsbediening
Die NG Kerk Hartenbos “Geloofgetrou in elke werksplek.” Dit is die leuse van Arbeidsbediening en sê daarmee presies wat die eintlike doel van Arbeidsbediening is – om Christene te help om in hul plek van werk getrou te bly aan hul geloof in Christus. Maar dis nie al nie. Arbeidsbediening se drie hooffokusse is eerstens […]
Mosselbaai: nog net 5 Hartenbos Loeries-CD oor!
Arbeidsbediening Mosselbaai se Hartenbos Loeries CD-projek is in 2020 geloots en al die inkomste van die verkope gaan ten bate van Arbeidsbediening. Ongelukkig kon dit weens COVID-19-protokolle nie lekker aan die gang kom nie en kon hulle eers weer in 2021 produksie onderneem. Yolandé Kotzé (hulpwerker) vertel: “Ons kon uiteindelik in September 2021 in samewerking […]
Worcester – ‘n terugblig, nuus en verslag
Lees gerus Worcester se terugblik, nuus en verslag oor die afgelope jaar en hoe hulle nuwe wind in hul seile gekry het – geïnspireer deur die Gees van Christus. Lees dit HIER.
Arbeidsbediening ‘n seën aan die Weskus
Pastoor Philander links agter by werkers van Transnet Mall. As jy in die oggend by jou werk opdaag, weet jy nie wat in die lewens en harte van die mense daar om jou aangaan nie. Die meeste van ons worstel met basiese dinge soos hoe om die pot aan die kook te hou, hoe […]
Helderberg-kom bring Lig na Gevangenes
“Ons is net die saaiers; God doen die opvolgwerk.” So sê At Kampman, geestelike werker van Arbeidsbediening Helderbergkom in Somerset-Wes. At en twee ander vrywilligers, waarvan een Frans Botma (90 jaar) is, besoek elke Woensdagoggend die selle van die gevangenis in die Strand waar verhoorafwagtende gevangenes aangehou word. Hulle doen dit al vir die afgelope […]
Sake-ontbyt in George versterk netwerk
Foto: V.l.n.r.: Eddie Orsmond, Floors Meyer, Victor le Roux (voorsitter) en George Kuyler Danksy die opheffing van die inperkingsmaatreëls weens die pandemie kon Arbeidsbediening Tuinroete weer vanjaar die geleentheid kry om hul jaarlikse Netwerk Ontbyt vir Sakelui in George aan te bied. Dit het plaasgevind op Donderdag 13 Oktober te Victoria Heights, George. Dié besondere […]
Newsletter Worcester
Read the latest newsletter from IMSA Worcester: Oktober Nuusbrief
Arbeidsbediening Worcester brei nog verder uit!
V.l.n.r.: Natale Roelofse (sameroeper/voorsitter), Gassie Carstens (mentor), Kobus van den Bergh (koördineerder) “Op 3 Augustus vanjaar is daar ‘n inligtingsessie vir die bedienaars van Arbeidsbediening in Worcester gehou. Tydens hierdie geleentheid is daar relevante sake met almal gedeel deur die Plaaslike Aksiekomitee, bestaande uit Natale Roelofse, Gassie Carstens en myself,” vertel Kobus van den […]
Opleiding aan nuwe Arbeidsbedieningsdienswerkers
Floors Meyer in aksie “Die werkswinkel was awesome! Klein dingetjies het saamgekom om ‘n groot les te vorm: ons werk vir F S & HG (Father, Son & Holy Ghost.)! Hý is ons alles, ons verteenwoordig Hóm. Ek gaan stepup and stepin …” So getuig Izolde, een van die twaalf persone wat op Saterdag […]















