Jesus-volgelinge wat daagliks betrokke is in die wêreld van werk en diens in die gemeenskap, moet ernstig kennis neem van Jesus se riglyne vir dissipelskap. Wat vra dit van my om vandag ’n dissipel van Jesus te wees? Skrifgedeelte MATTEUS 10:40-42 In Matteus 9:35 tot 10:42 gee Jesus onderrig aan sy binnekring-volgelinge, die […]
Hoe bly ek beginselvas in my nuwe werksomstandighede?
Dat die eienaar self waarneem dat die Here met Josef is, wys daarop dat Josef beginselvas gebly het en nie ten alle koste sy slawe-eienaar se guns wou wen nie, maar getrou gebly het aan die Here wat hy aanbid. Skrifgedeelte Genesis 39:1-6a Die verhaal van Josef wat deur sy broers aan die […]
”Oom, ons kan nie anders nie, want ons bekers loop oor …”
“Ek het die afgelope tyd weer diep onder die besef gekom van God se uitnemende liefde vir ons as mense.” So getuig Willie Smit van Arbeidsbediening in Ceres. “En die dat ons om watter rede ook al dit nie altyd deel met mekaar nie. Ons praat oor enige goed wat met ons gebeur en oor […]
Oom Ben gee die stokkie aan.
“Ek kan nog baie goed onthou wanneer ek met Arbeidsbediening begin het,” sê oom Ben de Goede, een van die Paarl se vrywillige geestelike werkers wat al sedert 1995 getrou hierdie waardevolle werk doen. “Dit was die jaar toe die Springbokke die Wêreldbeker gewen het.” Hubert Loubser, voorsitter van die Plaaslike Aksiekomitee in die Paarl, […]
Op-en-wakker Arbeidsbediening in Vredenburg
Pastoor Philander (links agter) by werkers van die Tansnet Mall “My name is Andreas Julie and I work at Transnet Engineering Wheel Business Saldanha, for 17 years now. So, when I started to work at this company, I was influenced by this prayer sessions every month which help me and my co-workers a lot […]
Arbeidsbediening en Badisa ondersteun Graad 12’s
V.l.n.r.: Christiaan Alberts, Christine Quickfall, Kai Smith en Nadia Alers Onthou jy nog hoe knop-op-die-maag jy vir jou Graad 12-eksamen voorberei het en hoe onseker jy oor jou toekoms gevoel het? Elke mens wat jou sterkte toegewens en vir jou gebid het, was van groot waarde in daardie tyd van jou lewe. Vanjaar het […]
“We prayed together and now he is my friend.”
Collins Bomali (right) with his new friend Collins Bomali, co-Port Welfare Officer with Robert Wileman at Biblia Cape Town, is making good progress with his ministry at the harbour. “The Biblia ministry at Cape Town harbour is smaller compared to the other Biblia ports due to fewer ships docking here,” says Jaco Leeuwner, Biblia […]
Mosselbaai se Vriende van Arbeidsbediening
Op Donderdag 10 Februarie was Hartenbos Robalklub, soos altyd, weer die gasheer van Arbeidsbediening se gewilde jaarlikse geleentheid waartydens hulle gewoonlik aan die Vriende van Arbeidsbediening terugvoer gee oor hul evangelisasiebediening in Mosselbaai en omgewing. Dit is bygewoon deur 88 mense wat bestaan het uit predikante, pastore, sakemanne en die Vriende van Arbeidsbediening. Die program […]
Arbeidsbediening oor storms in George
“Die hewige donderstorms en gepaardgaande swaar reën wat George in die Suid-Kaap tydens die vroeë oggendure van Maandag 22 November getref het, het veral die sakewêreld ernstig ontwrig,” vertel Floors Meyer, Arbeidsbediening se opleidingskoördineerder en geestelike werker by ons tak in George. “Daar het tot 170 mm reën in die loop van die oggend oor […]
Die rooi motortjie van Oudtshoorn
As jy weer deur Oudtshoorn se strate ry, sal jy dalk afkom op ‘n parmantige rooi motortjie met die woorde, “ARBEIDSBEDIENING, Jesus in die werksplek, Jesus in the workplace” op die deure. Dié motortjie, ‘n Nissan Sentra 1993-model, is in 2007 aan André van Staden, koördineerder van Arbeidsbediening Oudtshoorn se vele bedieningspunte, as deel van […]















