Johan Crous is al jare lank in diens van die NG Kerk Wellington-Noord en is ook die geestelike bedienaar van Arbeidsbediening in Wellington. Hy vertel dat mense dikwels aan hom die volgende vra: “As ek deur ’n moeilike tyd gaan, gaan die Here daar vir my wees? Is die Here werklik getrou? Sal Hy my […]
Meneer, waar was jy al die tyd?
Dienswerker, Joel Plaatjies, op besoek aan die nuwe Crazy Store-tak in die George Mall. Covid-19 lê in die verlede, maar ons kan nog goed onthou hoe dit ons lewens ontwrig het – ook die ritme van ons bedieningspunte en hoe ons verlang het daarna om fisies by mekaar te kon uitkom en vir mekaar […]
Verrykende Akkreditasie-opleiding te Worcester
Ds Floors Meyer besig met IMSA-akkreditasieopleiding te Worcester. “IMSA (Arbeidsbediening) se akkreditasie-opleiding was baie leersaam, insiggewend en verrykend; die geleentheid vir interaksie was gepas.” So getuig een van die deelnemers aan ‘n onlangse IMSA-werkswinkel. Op Saterdag 15 April is ‘n akkreditasiewerkswinkel vir die bestuurskomitee en geestelike werkers van Arbeidsbediening te Worcester aangebied. Ds Floors […]
Straatbediening in Oudtshoorn word met ywer ontvang
André van Staden by drie munisipaliteitswerkers, naamlik (v.l.n.r.) Sannie September, Marinda Everts en Mhlebe Umfunu wat deur Oudtshoorn se Straatbediening bereik word. “Dit is vir my ‘n groot en opwindende avontuur!” sê André van Staden, geestelike werker van Arbeidsbediening Oudtshoorn. “Ons bedien ongeveer 80 besoekpunte per maand en kry elke maand nog nuwe besoekpunte […]
George span Think Tank in om nuut te dink
“Dit is die beste ding wat nog met my gebeur het!” en “Kolskoot!” is maar van die enkele getuienisse van mense wat onlangs die Think Tank-werkswinkel op George bygewoon het. Gedurende Maart tot April vanjaar het Arbeidsbediening Tuinroete op George vyf opeenvolgende Think Tank-sessies vir hul bestuurspan aangebied. Dit is deur agt persone bygewoon en […]
Welkom aan Jaco Leeuwner as Arbeidsbediening Kaapstreek: Netwerk- en Verhoudingsbestuurder
Jaco Leeuwner, wat jarelange ondervinding in die verskeie velde van Arbeidsbediening het en ook die koördineerder van Biblia Kaapstreek is, is vanaf 1 Mei 2023 aangestel in die pos wat vakant geraak het in Oktober 2022 toe Carin Brink as bestuurder van Arbeidsbediening Kaapstreek bedank het. Die voorsitter van Arbeidsbediening, Eddie Orsmond, verduidelik: “Jaco is […]
Nuus uit George
Lees gerus Arbeidsbediening Tuintoete (George) se jongste nuusbrief HIER Dankie vir julle getroue ondersteuning! Groetnis Floors Meyer
Arbeidsbediening Worcester-nuusbrief
Lees gerus die April-nuusbrief van Arbeidsbediening Worcester HIER.
Op-en-wakker Arbeidsbediening in Vredenburg
Pastoor Philander (links agter) by werkers van die Tansnet Mall “My name is Andreas Julie and I work at Transnet Engineering Wheel Business Saldanha, for 17 years now. So, when I started to work at this company, I was influenced by this prayer sessions every month which help me and my co-workers a lot […]
Stewige bande met Arbeidsbediening Helderberg – tot groot seën vir almal
Die voorsitter van Arbeidsbediening Helderberg, Buks du Toit (links) en geestelike werker, At Kampman (regs) by hul kantoor in die Strand se ingang. “Dis wat in die praktyk gebeur as ‘n mens met ‘n oop hart, ‘n oop gemoed en opregte toewyding getuig oor wat die Here vir jou gedoen het en ook vir […]