Derde Week van Lydenstyd Jaar B: Vrydag 8 Maart 2024 JOHANNES 2:13-22 Die Revised Common Lectionary neem ons hierdie week na Johannes se vertelling van Jesus se verhaal. In hierdie toneel reinig Jesus die tempelterrein in Jerusalem van handelaars en geldwisselaars wat daar goeie besigheid doen met die aanbidders wat kom om offers vir God […]
Om God se wet te onthou
(Gebed na aanleiding van Psalm 19:8-15 en Eksodus 20) Here, my Rots en my Verlosser – die verloop van ons Lydenstyd herinneringsreis, wek ’n diep innerlike verlange om te onthou, wat u wil vir u kinders is – ook vir my. In Eksodus 20 praat U met Israel as die Here jou God. Nadat U […]
Jesus se lyding en ons kruisdraende navolging
Tweede Week van Lydenstyd Jaar B: Vrydag 1 Maart 2024 Na ons besinning oor Jesus se versoeking deur Satan in die woestyn (Mark 1:12-13) verlede week, neem die Revised Common Lectionary ons in Markus 8:31 na Jesus se eerste lydensaankondiging. Die tema van lyding wat as ’n inherente kenmerk van Jesus se bediening op aarde […]
Ligter Bagasie in die Nuwe Jaar
Hubert Loubser van Paarl PAK besoek elke tweede Maandagoggend Fabrinox Ingenieurswerke in die Paarl om ‘n boodskap oor te dra. Hierdie byeenkomste word deur ‘n gemiddeld van 60 persone op die fabrieksvloer bygewoon. Hubert het die taak in 2023 oorgeneem van Oom Ben de Goede wat dit sedert 1995 by Fabrinox aangebied het. Vir die […]
God gee gehoor
GEBED VIR DIE WEEK – MAANDAG 26 FEBRUARIE 2024 RCL JAAR B – TWEEDE WEEK VAN LYDENSTYD (Gebed na aanleiding van Psalm 22:23-31 U het die bidder se hulp gesmeek gehoor, Here (vers 25); daaraan aandag gegee. Here, heerlik breek die lig deur vir dié smekende bidder. Vanuit lyding ervaar die magtelose gelowige u bevryding; […]
Die deernis van ‘n barmhartige buurman dra my
Een van Arbeidsbediening se vele geestelike werkers deel hierdie mooi getuienisstorie met ons tydens sy besoek aan ’n senior dame nadat haar eggenoot aan leukemie gesterf het: “Die dame en haar man het ‘n tyd gelede vanaf die platteland na ‘n dorp in die Boland verskuif om nader aan hul dogter te wees. Omdat haar […]
Eer die Here wat troon oor die watermassas
GEBED VIR DIE WEEK – MAANDAG 8 JANUARIE 2024 RCL JAAR B – WEEK NA EPIFANIE (Gebed na aanleiding van Psalm 29 saam met Genesis 1:1-5) Here, U heers vir ewig as koning. U troon oor die watermassas. Dit moet gelowiges getuig, ná Kersfees en Epifanie. U het u heerlikheid in Christus openbaar. Ons buig […]
Worcester se EEN UUR-uitdaging!
Arbeidsbediening Worcester nooi julle vriendelik uit na hul EEN UUR UITDAGING! Hiermee wil ons Arbeidsbediening aan die groter publiek bekendstel deur ‘n genotvolle uur saam te deel en fondse te in vir die werk van Arbeidsbediening Worcester. Dit vind plaas op Donderdag 30 November om 18:00 tot 19:30 by die NID/De la Bat Skool […]
Nuus van Arbeidsbediening George
Lees gerus oor wat die afgelope tyd in Arbeidsbediening George gebeur het. Opleidingskoördineerder, Floors Meyer, vertel onder andere dat hulle die afgelope jaar 27 besoekpunte bedien het. In die proses het hulle 14 dienswerkers 600 persone met die evangelie bereik. Die dissipelskapprogram wat hulle in die landbou uitrol, gee ook aan die plaaswerkers ‘n nuwe anker. […]
‘n Gebed om genade
RCL JAAR A – 25ste WEEK VAN KONINKRYKSTYD (Gebed na aanleiding van Psalm 123, saam met Rigters 4:1-7) Here, die smeekgebed van Psalm 123:3 en 4 – pluk soos sterk vingers aan my hartsnare: “Wees ons genadig, Here, want ons het meer as genoeg gehad van die minagting van selfvoldane mense, minagting deur hooghartiges.” […]














